Food diary

Published February 20, 2012 by Trixi

Jip ek het een begin. En ek het sterk getwyfel of dit sal help, maar ek weier om te lieg op die ding so ek is so bang om te eet want ek moet dit neer skryf dat dit eintlik help! LOL! Wie sou kon dink???

 

Ek wag vir die dokter om my terug te bel. Dit lyk of my liggaam glad nie adrenalien vervaardig nie, so kom ons kyk maar of dit nou amptelik is. Ai toggie, dit moet ook nou net klaar kry, ek is moeg vir die bloed trekkery, ek lyk of iemand my geslaan het…

Donderdag

Published February 16, 2012 by Trixi

Donderdag is weeg dag vir my en my senuwees hang aan n flenter. Hoop maar dis beter nuus as verlede week waar ek n kilo opgetel het. As ek weer opgetel het hardloop ek my mond teen n muur vas dat ek nie kan eet nie

Random bakleiery met myself en ander

Published February 15, 2012 by Trixi

Dit help sommer om net gal te braak soms, en vandag is beslis een van daai dae. Ek weet dit help om te skryf en al die frustrasies net uit te kry. Dit voel of ek omsingel is deur idiote wat net niemand enigsins rigting kry nie. My kollegas dryf my mure uit. Veral die een wat my eks man is. Ek sweer die dag as ek afhak en hom klap gaan jy net spoeg sien spat. Hy maak my GEK!

 

My baas irreteer my net so grensloos. Ek hardloop die hele besigheid by myself, hy het die afgelope jaar nie n uur in die kantoor gespandeer nie en dan wil hy my vertel hoe om my werk te doen. As dit nie vir my was nie, was daar nie n werk nie. Maar ek is klaar – ek is besig om n plek te soek waar ek my besigheid kan oop maak en dan gaan ek bedank. So kan mens nie aangaan nie. Ek vra hom so min, al wat ek hom vra is om een naweek wat hy wil he ek moet in die plakkerskamp werk, te skuif na 3 naweke vroeer want ons wil op wittebrood gaan siende dat ons nog nie het nie. Hy vra nie eers hoekom ek dit wil skyf nie. Hy luister na geen rede, weier net en se’ hy is jammer om van my probleme te hoor, ek werk.

Mens kan dit seker op PMS blameer, maar dan moes ek vir ALMAL kwaad gewees het, maar dit gaan wonderlik tussen my en liefie en ons sit nie vas nie. Kan die res van die gemeenskap om my nou net ook begin nice wees asb!!!

Ek voel so gedaan en wil so graag oefen om weer krag op te bou maar wil nie n kans vat voor ek die 28ste by die internis was nie. Gisteraand het ons gestap van die Operahuis tot by ons pakering, nie ver van daar. Genade ek het geplaas en gesnak na my asem asof ek die Comrades gehardloop het. Dis mos nie normaal nie! Ek moet al 10 pille vir breakfast he net om my genoeg krag te gee om aan te gaan met die dag. Hoop maar ek sorteer my gesondheid uit, want om so te voel maak alles net erger…

Mmmm

Published Januarie 20, 2012 by Trixi

So volgens my dokter makeer ek niks – of altans dis wat die bloedtoetse se’. Maar ek kry nie asem nie, my hart klop asof hy wil uit my bors spring en al wat ek nog kan aan dink is dat my kolon weer nonsens gee – dis hoekom ek soveel gewig weer opgetel het.

En die ander moontlik is heel moontlik stres. Oooh daai gevreesde woord!! Maar dis heel moontlik dit, want dis nie normaal om 3 werke te he en altyd by alles by te hou en n mate van normaliteit te behou nie!

So ek gaan moet besluit om beter na myself te kyk… Reg eet, reg leef… Same old same old..

Januarie 2012

Published Januarie 4, 2012 by Trixi

Ons is wraggies hier! Kan jy dit glo!?

 

Ek het die nuwe jaar begin met n detox en die eerste dag al 1.5kg verloor. Die ander 2 dae net halwe kilo, maar 2kg minder as laas jaar is seker beter as niks!

 

Ek is op GI Lean se maand lange program en ek hoop maar dit gaan goed. Ek het n erge kopseer die afgelope paar dae maar dis seker van die detox. Nie dat ek erg gedetox het nie, want my koffie gee ek op vir niks in die wereld nie.

 

Ek wonder regtig of ek nie maar net moet aanvaar ek is vet en basta met die res nie. Maar aan die ander kant, ek voel so moeg die heel tyd en ek sukkel met my bors ewe skielik, Ek weet dis allergies, maar ek is so bang dit het omgesit in asma en daarvoor sien ek nie kans nie, veral as mens dink my oupa is in sy 40′s oorlede van asma. Dis scary…

 

So ek sal maar net my sokkies moet optel, weer begin oefen en weer begin blog. More begin ek weer met die weight loss groep, so hopenlik kry ek dan die inspirasie om te doen wat ek moet…

Nou toe nou

Published Augustus 19, 2011 by Trixi

Ek het vandag begin drink aan sulke “green tea” pille wat help met jou eetlus. Ek is desperaat, ek trou oor 4 maande en ek tel net gewig op in plaas van verloor.

Ek het nou n klein chicken wrap geeet en dit voel of ek gaan ontplof so vol voel ek. Hoop net die effek bly, want as ek so voel eet ek nie gou weer nie!!

Dit maak my net vrek dors en dis sooo koud vir water drink dat ek maar op rooibos tee is nou. Dit sal intersant wees om te sien of daar n verskil is Maandag op die skaal

Interesting diet

Published Augustus 17, 2011 by Trixi

Rainbow

Rainbow Diet For A Healthy Lifestyle –

  1. Violet – Violet is linked to the sahasrachakra which is the highest ring of the body. It is the chakra for enlightment. The violet colored vegetables like black grapes, berries and egg plant are a must for the body. They are known for their aesthetic properties.
  2. Indigo – The color is related to agya chakra which means intuition, senses and power. The clairvoyance property itself is referred to special powers. Jamuns and olives of the color have rich medicinal properties which is why are included in the diet.
  3. Blue – One of the significant colors even in fengshui is related to diet as it is matched with the throat chakra. As our body contains 2/3 rds of water just like the mother earth, it is prioritized in the list of rainbow diet. Blue berries and other polyphenol rich vegetables (that prevent cancer) come under this segment.
  4. Green – Green means iron rich, iron improvesred in blood so the color signifies the heart chakra. The chlorophyll rich plants are known for their fiber rich qualities, vitamins, minerals that prevent from various ailments like arthritis and cancer.
  5. Yellow – The bright color signifies manipur chakra. The light color enriches nerves and brain health. It also take care of the bones. Turmeric, mustard, pulses, corn and pineapple come under the color.. Apart from digestive properties, even the asthmatic nature is taken into consideration.
  6. Orange – The color symbolizing the swadishtana chakra , the second chakra in the body talks aout the body’s emotional and water balance. Pumpkins, carrots and oranges, the carotene rich vegetables help in maintaining the blood levels and provide good amount of minerals to the body.
  7. Red – Red is the base chakra indicating hunger and physical energy. The root chakra also explain about physical intimacy and tomatoes, strawberries, apple, pomegranate come under this division. Lycopene in these vegetables prevent cancer and helps inthe regeneration of cells.

The rainbow diet is simple and no strict set of rules are to follow, so going for only these ingredients keeps you healthy and lively always.

 

Source: One India Living

Chapped lips

Published Augustus 4, 2011 by Trixi

If you have chapped lips then use petroleum jelly on your lips just before you sleep. I actually carry a small vaseline tube in my bag and use it as often as I would use ‘lip-ice’…. It’s the only thing that really works for my chapped lips.

Behandeling

Published Julie 22, 2011 by Trixi

Die simpel behandeling het my systeem so opgeneuk dat ek regtig sukkel op die oomblik met my gewig. Darem vandat ek van hierdie week af elke dag stap, het ek halwe kilo weer verloor. Hoop maar dit hou so aan, as ek elke week n kilo verloor behoort ek darem nie TE sleg te lyk by die troue nie..

Cold body lotion in Winter?

Published Julie 15, 2011 by Trixi

Struggling with cold body lotion in the mornings? When you get into the bath, but the lotion in front of your heater. It will warm it up, or place it half way in a bowl of warm water…

Mmmm sien julle wat gebeur as jy te veel blogs het, dan post jy dit op die verkeerde een! LOL…

Anyway, wou in elk geval vandag n post oop gemaak het hier.

Het vir ontbyt fatfree 2 min noodles gehad met n vienna en n teelepel mayo. Wie het nou gese’ breakfast moet boring wees!?

Ek is trots op myself het elke dag basies gaan stap die week en al het ek baie werk en is maar gestres, voel ek heel okay..

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 3,629 other followers